Wat bied die Sakekamer

Die Malmesbury Sakekamer bied aan sy lede die volgende:

  • 'n Spreekbuis na die plaaslike owerheid
  • 'n Spreekbuis na die AHI en deur middel van die AHI, 'n spreekbuis na die regering
  • Geleenthede om te netwerk met mede sakelui van Malmesbury en omgewing
  • Jaarliks die nuutste insake die nasionale begroting en wat dit vir die man in die straat inhou
  • 'n Wye reeks van professionele sprekers rakende aangeleenthede wat elke sakeman se besigheid raak, direk of indirek
  • Geleenthede vir sakelui om hul besighede bekend te stel aan medesakelui
  • Geleenthede, deur middel van affiliasie met die AHI, om hulp te kry rakende arbeidsaangeleenthede
  • 'n Geleentheid waar die sakeman en eggenoot 'n funksie saam kan bywoon en skouers skuur met mede sakelui
  • Gereeld inligting ontvang rakende die AHI se samesprekings op regeringsvlak
  • Gereeld kompetisies wat aangebied word om te help om die dorp se beeld en diens te verbeter
  • 'n Kans om aangewys te word as Diensverskaffer van die Jaar
  • Deur middel van jou lidmaatskap aan Malmesbury Sakekamer, 'n kans te staan om genomineer te word vir die Onderneming van die Jaar, 'n nasionale kompetisie