Byeenkoms 21 April 2015

Malmesbury Sakekamer vergader Dinsdag 21April 2015 by die OLOK Saal

Die sprekers vir die aand is Mnr Pieter-Andre van der Westhuijzen, wat vir ons meer inligting kom gee oor die nuwe CCTV kamera, wat die Sakekamer saam met sy borge geïnstalleer het en hoe lede oor WiFi daarby kan inskakel en Mnr Anthony Corin wat met ons kom praat oor die koste effektiwiteit van sonpanele en sonkrag en hoe ons dit tot voordeel van ons besighede daarin kan belê en die moontlikhede om oortollige krag aan die Munisipaliteit terug te verkoop. Dit behoort ‘n interessante gesprek te wees veral in die lig van ons huidige situasie met beurtkrag, wat op die oog af nog vir ‘n tyd met ons gaan wees tesame met die meer as 20% verhoging in elektrisiteit tariewe wat in werking tree teen einde April 2015.