Sakekamer Bestuur
Die Malmesbury Sakekamer, met die doel om die belange van besighede in Malmesbury te bevorder en te verteenwoordig, besef toenemend hoe belangrik dit in die huidige ekonomiese klimaat is dat plaaslike besighede saamstaan en mekaar ondersteun.
“Ons wil alle besigheidseienaars aanmoedig om by die Sakekamer aan te sluit en deel te word van ’n nuwe, meer verteenwoordigende en samewerkende sakegemeenskap. Ons fokus aanvanklik op sake soos veiligheid en sekuriteit, waardevolle netwerkgeleenthede met goeie gassprekers, asook ons Ondersteun Plaaslik-projek.
“Met ons Ondersteun Plaaslik-projek wil ons inwoners aanmoedig om hul aankope sover moontlik plaaslik te doen. Ondersteun die plaaslike winkel, koop jou brandstof in die dorp en maak gebruik van plaaslike diensverskaffers voordat jy buite die dorp gaan bestee.
“As elkeen van ons ’n bewuste poging aanwend om plaaslik te koop en plaaslike ondernemings te ondersteun, kan ons saam ’n betekenisvolle verskil maak en help om die ekonomiese verliese wat deur vorige inperkings en die moeilike ekonomiese klimaat veroorsaak is, te verlig.
Ledegeld bly dieselfde as voorheen. Ons nooi alle plaaslike besigheidseienaars uit om deel te word van die Sakekamer en saam te werk aan ’n sterker, veiliger en meer volhoubare plaaslike ekonomie.”
Wat Bied Malmesbury Sakekamer
Die Malmesbury Sakekamer bied aan sy lede die volgende:
- ‘n Spreekbuis na die plaaslike owerheid
- ‘n Spreekbuis na die AHI (Afrikaanse Handelsinstituut) en deur middel van die AHI, ‘n spreekbuis na die regering
- Geleenthede om te netwerk met mede sakelui van Malmesbury en omgewing
- Jaarliks die nuutste insake die nasionale begroting en wat dit vir die man in die straat inhou
- ‘n Wye reeks van professionele sprekers rakende aangeleenthede wat elke sakeman se besigheid raak, direk of indirek
- Geleenthede vir sakelui om hul besighede bekend te stel aan medesakelui
- Geleenthede, deur middel van affiliasie met die AHI, om hulp te kry rakende arbeidsaangeleenthede
- ‘n Geleentheid waar die sakeleiers ‘n funksie saam kan bywoon en skouers skuur met mede sakelui
- Gereeld inligting ontvang rakende die AHI se samesprekings op regeringsvlak
- Gereeld kompetisies wat aangebied word om te help om die dorp se beeld en diens te verbeter
- ‘n Kans om aangewys te word as Diensverskaffer van die Jaar
- Deur middel van jou lidmaatskap aan Malmesbury Sakekamer, ‘n kans te staan om genomineer te word vir die Onderneming van die Jaar, ‘n nasionale kompetisie
Wat Bied Malmesbury Sakekamer
Byeen
Om sakelui, ongeag kleur, ras of geslag in die gebied van Malmesbury byeen te bring.
Onderrig
Om deur voorligting, bedryfsinligting en onderrig, diens aan sy lede te lewer ten einde hul beter toe te rus.
Lesings
Om lesings en besprekings te reël oor enige onderwerp wat die sakewêreld raak, besprekingspunte voor te lê en toe te lig by enige kongres van die AHI.
Inligting
Om relevante inligting wat die sakewêreld raak te ontvang, te verwerk en onder sy lede te versprei deur middel van 'n nuusbrief of enige ander werkswyse.
Skakeling
Om nouer skakeling te bewerkstellig tussen owerhede, werkgewers en werknemers deur middel van konsultasie, gesprekvoering en skriftelike voorleggings waar nodig.
Funksies
Om funksies te reël en fondse te genereer ter bevordering van die doelstellings van die sakekamer.